Graad 5 tot Graad 7

  • Huiswerk word gedoen en nagesien.
  • Weeklikse roetine word gevolg per dag per vak.
  • Opsommings word daagliks afgeteken soos vorder indien nie
  • Mondelings gevra oor leerwerk tydens eksamen.
  • Toetse en vraestelle word vir leerders gegee,indien dit moontlik is om te kry.
  • Eenmaal per week word klaswerk na gegaan.
  • Huiswerk moet in huiswerkboek neergeskryf word,gedurende skool.
  • Ouers word ingelig oor die nodige inligting wat leerders nodig het om hulle te help met voorbereiding.
  • Opdragte word uitgegee en leerders moet dit self toepas.
DSC 0007
DSC 0015
DSC_0001 (2)

Graad 5 is kleintyd nou iets van die verlede. Dis die fase waar leerders besef hulle is,en raak groot. Vanaf graad 5 tot 7 word opdragte gegee en leerders moet dit op hul eie doen. Leeders moet self opsommings doen. Dit word wel nagesien. Indien dit nie klaar is nie gaan hulle dit tuis moet voltooi. Hulle moet dit dan nog op die regte manier doen en nie kort pad kies nie, anders word alles weer van vooraf gedoen. My leuse aan die leerders “BROU WERK IS VOU WERK”!

Graad 5 -7 is daar nie meer tyd vir vat ,los of droom nie. Hulle werk is egter so baie, hulle moet elke dag 100% gereed wees. ( Neem wel kennis dat daar nie saam leerders geleer word nie, hulle word by Woeker geleer om selfstandig te wees om dit self te doen. Ons werk hard sodat alle voorbereiding vroeg genoeg klaar is, sodat leerders oor as genoeg tyd het om seker te wees hulle ken hulle leerwerk.)