Graad R tot Graad 4
Graad R tot 3
- Huiswerk word deur leerder gedoen en word nagesien.
- Ekstra leesboeke word gelees. Te minste 1 per dag afhangende van die graad.
- Lees moet van vroegs af begin en is van kardinale belang. “Lees is U kind se toekoms”
- Daaglikse ekstra oefeninge word gegee om leerders te help om voorsprong te kry.
- Naweek huiswerk of hersienings oefeninge word ook gegee, indien leerder ekstra aandag nodig het.
- Weeklikse roetine word gevolg by Woeker Akademie vir aanvullende werk. Leerders kry ekstra oefeninge of werkkaarte wat hulle dan doen wat op Caps gebaseer is.
- Na al die aktiwiteite word daar gespeel en gebaljaar.


Graad 4
- Leerders doen huiswerk en word nagesien.
- Basiese metodes van opsommings word geleer en gewys.
- Opsommings van vakke begin vroegtydig.
- Weeklikse roetine word gevolg per dag per vak.
- Leerders word geleer om vroegtydig te begin om te leer vir klas toetse en eksamens.
- Mondelingse vrae oor wat leerders geleer het voor ekesamen.
- Toetse & vraestelle word gegee om seker te maak hulle ken hulle werk.
- Huiswerk moet in huiswerkboek neergeskryf word gedurende skool.
- Eenmaal per week word klaswerk na gegaan in hulle boeke.
- Toetse word geteken.
- Ouers, word ingelig oor die nodige inligting wat leerders nodig het om hulle te help met voorbereiding.
- Graad 4 word leerders nog baie gehelp om kwartaal 1-3 baas te raak en te verstaan. Vanaf kwartaal 4 moet hulle op hul eie opsomming doen en leer. Ek sien alle opsommings na, en maak seker alles is wel reg gedoen en leerder verstaan die werk. Neem wel kennis dat daar nie saam leerders geleer word nie,hulle word by Woeker geleer om selfstandig te wees om dit self te doen. Ons werk hard sodat alle voorbereiding vroeg genoeg klaar is,sodat leerders oor as genoeg tyd het om seker te wees hulle ken hulle leerwerk.